Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 24 NOVEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

VANAF VRYDAG 29 NOVEMBER SLUIT AAN BY DIE SARL TEEN DIE HALFJAAR TARIEF

VERANDERINGE IN SARL-HAMNET-LEIERSKAP

en

AGENDA PUNT 1.1 TOEKENNING MHZ GOEDGEKEUR TE WRC-19

Bly op hoogte vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Charl Wentzel, ZS6CFW stil geword het op Dinsdag 19 November 2019. Hy was 'n lid van die Klerksdorp ARK sowel as die Potchefstroom ARK. Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Sanet, familie en vriende.

POUSE

VANAF VRYDAG 29 NOVEMBER SLUIT AAN BY DIE SARL TEEN DIE HALFJAAR TARIEF

Vanaf Vrydag 29 November 2019 kan jy by die SARL aansluit en die half jaar tarief betaal wat normaal weg op 1 Januarie in werking tree. Voltooi die SARL lidmaatskap aansoekvorm en betaal jou ledegeld per EFT oor na die SARL-bank rekening. Gewone lede betaal R250; Senior lede (ouer as 65) betaal R150; Eggenote betaal R90 en studente lede betaal R60. Die bank besonderhede is SA Radio League, ABSA, rekening nommer 4071 588 849 takkode 632 005 en tik jou roepsein in die verwysingsveld.

WELGEDAAN BERNIE, ZS4TX

SARLNuus is in kennis gestel dat Bernie van der Walt, ZS4TX Alle Afrika Toekennings op 160, 80, 40, 30, 20, 17, 15, 12 en 10 meter behaal het, 'n nege band Alle Afrika Toekenning! Welgedaan Bernie!

VERANDERINGE IN SARL-HAMNET LEIERSKAP

Tydens die Raadsvergadering wat op Dinsdag 12 November gehou is, is die bedanking van Glynn Chamberlain, ZS6GLN as Nasionale Direkteur van SARL Hamnet en as raadslid aanvaar. Die Raad bedank Glynn hiermee vir sy werk en toewyding aan die SARL en SARL Hamnet.

Die Raad het Grant Southey, ZS1GS / ZS3GS aangestel as die tussentydse SARL Hamnet Nasionale Direkteur tot die SARL Hamnet-werkswinkel wat geskeduleer is vir Februarie 2020. Die Raad wens Grant alles van die beste toe.

DIE 2020 NASIONALE KONVENSIE

Op bladsy 7 tot 9 van die November Radio ZS vind jy inligting oor die 2020 Nasionale Konvensie wat op 3 en 4 April 2020 gehou word. Die artikel bevat inligting oor die SARL-toekennings en trofeë, 'n oproep om mosies en 'n oproep vir nominasies om op die Raad te dien. Die betrokke dokumente kan gevind word op die AJV-dokumente bladsy in die Slegs Lede afdeling op die Liga webwerf. Die sluitingsdatum vir benoemings vir toekennings, Raad en mosies is Vrydag 31 Januarie 2020. Moet nie wag tot 30 Januarie om jou nominasies in te stuur nie, doen dit nou!

DIE KONSEP 2020 KOMPETISIE HANDLEIDING EN DAGBOEK VAN GEBEURE

Die konsep 2020 Kompetisie Handleiding en die Dagboek van Gebeure kan gevind word op die Kompetisie Reëls bladsy op die Liga webwerf. Klubs wat gasheer is vir kompetisies, word versoek om seker te maak dat die inligting in die Blou Boek korrek is. Klubs en individue word versoek om die Dagboek van Gebeure na te gaan. Enige veranderinge moet onderskeidelik na contest@sarl.org.za en secretary@sarl.org.za gestuur word teen 29 November.

GELUKKIGE 45 STE VERJAARSDAG, AMSAT-OSCAR 7!

Die wêreld se langs lewende satelliet, AO-7, het hierdie maand 45 jaar oud geword. Dit is op 15 November 1974 gelanseer vanaf die Van den Berg-lugmagbasis in Kalifornië. Na bykans 7 jaar van diens, het AO-7 vermoedelik die einde van sy leeftyd in Junie 1981 bereik as gevolg van ‘n battery fout en 'n voortydige doodsberig verskyn in die AMSAT ‘Satelliet Rapport.’

Twintig jaar later, op 21 Junie 2002, het wyle PJA Gowen, G3IOR berig dat hy 'n 'ou tipe gelykgolf baken' van 'n onbekende OSCAR naby 145 970 MHz hoor. Dit het nie lank geneem om die satelliet as AO-7 te identifiseer nie, wat steeds in die sonlig in werking is en goed gebruik word. Ter viering van AO-7 se 45ste verjaardag, beplan AMSAT om 'n stel vergulde AO-7 manchetknope en 'n 50-jarige AMSAT laboratorium jas (grootte 42R) op te veil. Die veilings is nou regstreeks op eBay te sien en sal kort na 02:00 UTC op 26 November 2019 afgesluit word. AMSAT berig dat 100% van die opbrengs vir die behoud van die amateur radio in die ruimte sal wees.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

AGENDA PUNT 1.1 50 MHZ TOEKENNING GOEDGEKEUR TE WRC-19

WRC-19 het op Donderdag 21 November 2019 'n toekenning in die 50 MHz-band vir amateurs in Streek 1 goedgekeur op sy oggend voltallige vergadering in Sharm El-Sheikh, Egipte. Die besluit kom na meer as drie weke van strawwe onderhandelinge om wye uiteenlopende standpunte van Streek 1-administrasies te versoen. Die uitslag is 'n dramatiese verbetering in die Internasionale Radio Regulasies vir amateurs in Streek 1. Voor die WRC-19 was daar geen ITU frekwensie toekenning vir Streek 1 nie, behalwe dié wat in ITU-voetnota 5.169 vir Afrika en 'n mate van nasionale gebruik genoem is.

Die nuwe situasie is dat die amateurdiens nou 'n 'basislyn'-sekondêre toewysing van 50 tot 52 MHz in die hoof ITU toekenningstabel vir Streek 1 het. Altesaam 44 genoemde Streek 1-lande het nou 'n primêre toekenning in die geheel of gedeeltes van die 50 tot 54 MHz-band, insluitend 14 CEPT-lande wat 'n primêre toewysing van 500 kHz in die 50,0 tot 50,5 MHz-band het, as deel van hul totale toekenning van 50 tot 52 MHz. Dit is 'n groot verbetering vir amateurs in Europa, 26 Afrika- en Midde-Ooste-lande wat nou die volle 50 tot 54 MHz band op 'n primêre basis sal hê. Primêre toewysings het dus 'n beduidende uitbreiding in Afrika en die Midde-Ooste. Die Russiese Federasie het gekies vir 'n kleiner, maar baie welkome 200 kHz sekondêre toekenning in die 50,08 tot 50,28 MHz-band. Afrika lande met vorige primêre toekennings onder voetnota RR5.169 behou hul huidige status in die frekwensieband 50 tot 54 MHz.

Die finale handeling van WRC-19 sal op 1 Januarie 2021 in werking tree, maar administrasies kan wel voorsiening maak om 50 MHz-spektrum op 'n vroeër of later datum te voorsien.
(Dankie aan die RSGB vir hierdie artikel.)

KLUB NUUS

Die Wesrand Amateurradioklub hou om 12:00 op Saterdag 30 November 2019 die volgende snuffelmark by hul klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is welkom, bring jou surplus items saam en ondersteun die verkoper op die dag. Vir meer inligting kontak Phillip, ZS6PVT op selfoon 083 267 3835.

Die Overberg Amateurradioklub hou om 10:30 vir 11:00 op Saterdag 30 November hul Jaareind funksie aan die huis van John, ZS1DI en Judy, ZS1JEG in Stanford. Dit is die gewone bring en braai met hout en braai geriewe wat voorsien word. Jy kan die naweek kampeer en besoekers is welkom. Kontak Andre, ZS1AZ op mobiele telefoon 072 729 1680 of tuis by 028 514 2018 vir meer inligting.

KOMPETISIE NUUS

Die uitslae van die ZS5 Naelloop. Die kompetisie komitee het 16 logstate vir die ZS5 Naelloop wat in Julie 2019 gehou is ontvang, 15 was kompetisie logstate en daar was 1 kontrole logstaat. Die Naelloop is gewen deur Deon Fraser, ZS5DCF met 110 punte, met Woody Collett, ZS3WL op 82 punte in die tweede plek. Die High Way ARK, ZS5HAM is in derde plek met 52 punte. Bruce Dunn ZS5XT het die kompetisie met gelykgolf gewerk. Die volledige uitslae sal in HF Happenings 875 gepubliseer word.

Die uitslae van die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie. Die komitee het vier logstate ontvang vir die tweede been van die BHF/UHF Digitale kompetisie.
1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 38 063 punte
2de Pierre Lindeque, ZS4PF - 13 764 punte
3de Pine Pienaar, ZS6OB - 3 661 punte
4de Rickus de Lange, ZS4A - 2 123 punte

Die gesamentlike uitslae van die Maart- en September bene is
1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 63 479 punte
2de Rickus de Lange, ZS4A 19 481 punte
3de Pierre Lindeque, ZS4PF - 13 764 punte

Baie geluk aan die wenners. Al die uitslae is beskikbaar op die SARL-webwerf

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan veral met sonsondergang bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

29 November - Sluit aan by die SARL teen halfprys en sluitingsdatum vir kommentaar oor die 2020 Blouboek en Dagboek van Gebeure
30 November - die Wesrand snuffelmark en die Overberg ARK jaareind funksie
1 Desember – die begin van die YOTA Maand
2 Desember – die sluitingsdatum vir BHF/UHF Analoog logstate
4 Desember – die Provinsiale skole sluit
9 Desember – die sluitingsdatum vir Nuweling Geselligheid logstate
14 en 15 Desember – die ARRL 10 m kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Vanaf Vrydag 29 November 2019 kan jy by die SARL aansluit en die half jaar tarief betaal wat normaal weg op 1 Januarie in werking tree. Voltooi die SARL lidmaatskap aansoekvorm en betaal jou ledegeld per EFT oor na die SARL-bank rekening.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003